Verlede maand
Talle try luck snags by tiep
KRY SWAAR: Die mense skarrel en settle selfs vir varkkos om net te oorleef.  ~ Anele Mfazwe

MENSE kry so swaar onder die lockdown dat hulle varkkos eet – of wat ook al hulle op die stortingsterrein kry.

Dís die situasie by die Xakabantu-plakkerskamp naby die dumping site in Vrygrond.

Toe Son Maandag daar aankom, het skarrelaars om die kar saamgedrom in die hoop op iets te ete.

Michael Swartz (59) vertel hulle kry geen hulp van die regering nie.

Vandat die corona-virus uitgebreek en pres. Cyril Ramaphosa ’n lockdown verklaar het, kry hulle volgens hom swaarder as ooit.

Swartz sê: “Ons wag tot die nag om na die tiep te gaan en dan soek ons vir iets om te eet.

“Ons kan nie in die dag gaan nie, want die army en law enforcement jaag ons weg.

“As ons daar kom, moet ons opgrawe, want die vullis is onder sementblokke.

“Ons grawe op met ons hande. Anders moet ons wag totdat die varkplaasboer met die varkkos kom.

“As die vên kom, gaan kyk ons eers of daar nie iets is wat ons kan optel wat ons kan eet nie.

“Dis baie swaar vir ons om te dink ons moet kos eet wat weggegooi is en selfs kos eet wat vir varke bedoel is.

“Maar ons het geen ander keuse nie.”

Die betrokke varkboer, Mikel Kumalo, is ook die sekretaris van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie in die Kaapse metro. Hy sê elke dag is ’n struggle vir die inwoners van die Xakabantu-plakkerskamp.

Kumalo boer ook met bokke en hy het ’n recycling plant op die perseel naby die plakkerskamp.

Hy sê: “Dalk moes die dienste van recycling ook onder noodsaaklike dienste geval het.

“Dalk sou dit dinge beter gemaak het vir die mense wat goed soos plastiek re­cycle, sodat hulle ’n inkomste kon verdien.

“Elke keer wanneer ek van die vrugte-en-groenteplek terugkom, hardloop hulle na my voertuig.

“Dis hartseer om te sien.

“Dis ’n learning curve vir ons almal.

“Dis die eerste keer dat ons in die land en die wêreld deur so iets gaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters