28 dae gelede
Talle ouers hou kinders by die huis
Vanessa Le Roux sĂȘ hulle veg dat leerders glad nie eksamen moet skryf nie.  ~ Verskaf

MEER as 600 matriekleerders het aansoek gedoen om nie terug te keer na die skoolbanke nie.

Nadat matriekleerders in Junie met die heropening van skole teruggekeer het, is ouers ingevolge regulasies op die wet op rampbestuur mag gegee om te besluit of hulle hul kind wil terug stuur skool toe.

Sou 'n ouer kies om dit te doen moet hulle deur die skool by die provinsiale hoof van onderwys aansoek doen. 

Bronagh Hammond, 'n woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van onderwys, sê teen Maandag het hulle 608 aansoeke van matriekleerders ontvang om by die huis te bly.

"Dit sluit in 151 leerders met onderliggende siektes."

Sy voeg by dat alle gr. 12-leerder wie geregistreer is om die 2020 nasionale matriekeindeksamen te skryf, in November toegelaat sal word om die eksamen af te lê. 

"Die leerders moet die skoolgebasseerde assesserings voltooi om hul nasionale senior sertifikaateksamen te voltooi.

"Alle gr. 12-leerders moet die kurrikulum volgens die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, ter voorbereiding van die NSS-eksamen in 2020, voltooi."

Hammond verduidelik verder dat om aan die eindeksamen te kan deelneem moet alle kandidate aan die gewysigde skoolgebasseerde assesseringsvereistes, wat mondelinge en pratiese assesseringstake, toetse en die voorbereide eksamen voldoen.

Intussen sê Vanessa le Roux van die Parents Against The Opening Of Schools groep dat hulle baklei nou dat leerders nie eksamen moet skryf nie.

Le Roux noem: "Dit is nie net vir matrieks nie, maar vir alle grade."

Sy noem dat die onderwysdepartement moet na alternatiewe maniere kyk om die leerders te akkommodeer, wat so baie verloor het.

"Ons glo nie die leerders, veral matrieks moet toetse skryf waaroor hulle nie klas gekry het nie."

Le Roux sê sy kan nie definitiewe getalle gee oor hoeveel ouers van hul groep se kinders terug skool toe is nie.

"Dit wissel tussen 60 en 70%. Die getal bly nooit konstant nie, weens Covid-19 verwante voorvalle.

"Ons grootste kommer nou is egter dat die kinders besig is om uitmekaar te val, omdat hulle geestelik nie cope nie," sê Le Roux.

Die groep glo dat kontaksessies met die leerders belangrik is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters