11 dae gelede
Tabakverbod 'skend regte'
British American Tobacco pak volgende maand die regering in die hof oor die tabakverbod.  ~ Foto ter illustrasie

DIE land se grootste tabakvervaardiger, British American Tobacco (BAT), sê die regering se regverdiging van die verbod op tabakverkope het meer skade as voordele gebring.

BAT vat volgende maand die regering in die Wes-Kaapse hooggeregshof aan in 'n poging om die verbod opgehef te kry.

Die regering was in Junie suksesvol in die hof in sy verdediging van die verbod teen die Fair Trade Independent Tobacco Association.

BAT sê egter hulle gaan nuwe regsargumente bring wat nie in Fita se saak aangehoor is nie.

Die takbakverbod is sedert die begin van die lockdown in werking.

BAT gaan in hofstukke, wat vandeesweek ingedien is, aanvoer dat regulasie 45 van die lockdown (die tabakverbod) ongrondwetlik is omdat dit die regte van elke persoon in die aanvoerketting van tabakprodukte skend.

Die maatskappy sê deur rokers se reg, om sigarette te koop, te beperk, het dit hulle verhinder om hul eie besluite te neem.

BAT gaan ook aanvoer dat regulasie 45 nie daarin suksesvol was om die aantal rokers in die land te verminder nie. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters