13 dae gelede
Suid-Afrika skuif straks na vlak-1
President Cyril Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

PRES. Cyril Ramaphosa gaan na verwagting Woensdagaand die lockdown na vlak-1 verslap en die land oopmaak vir oorsese reise.

Die verbod op reise vanaf hoë-risiko lande soos Amerika en sommige van die groot Europese lande sal egter in werking bly.

TimesLive berig dat vlugte van Indië en Brasilië, lande met die tweede en derde meeste infeksiesyfers in die wêreld, egter wel toegelaat gaan word.

Mense wat Suid-Afrika binnekom sal 'n negatiewe uitslag 72 uur voor die tyd moet lewer om die land binne te kom sonder om eers onder kwarantyn te gaan.

Volgens TimesLive se bronne, wat Dinsdag vergaderings van die presidensiële koördineringsraad bygewoon het, sal die besluit vir 'n skuif na vlak-1 na verwagting ondersteun word waarna die president agterna die land sal toespreek.

Ramaphosa spreek vanaand die land om 19:00 toe.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters