2 maande gelede
Stigting se aansoek oor lockdown misluk
President Cyril Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa  ~ GCIS

DIE konstitusionele hof het 'n aansoek van 'n nie-regeringsorganisasie, vir verlof teen pres. Cyril Ramaphosa se bevel vir 'n lockdown, van die hand gewys.

Die Hola Bon Renaissance-stigting het op 'n dringende basis aansoek gedoen vir direkte toegang tot die konstitusionele hof.

Die stigting wou hê die hof moes verklaar dat Ramaphosa sy magte misbruik het toe hy die lockdown van 21 afgekondig het.

Ramaphosa het verlede week die aankondiging gemaak om die verspreiding van die corona-virus te stuit. Suid-Afrika is tans op dag 4 van die lockdown.

Die stigting beweer ook dat Ramaphosa Suid-Afrikaners se regte tot menswaardigheid, vryheid van beweging, vryheid van handel en toegang tot gesondheidsorg geskend het.

Die konstitusionele hof het bevind dat die saak geen vooruitsigte het om te slaag.

Geen kostebevel is toegestaan. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters