2 maande gelede
Staat sal consult voor nuwe sigaret-ban
Die koop van sigarette tydens die staat van inperking is verbode. Foto: Unsplash  ~ 

DAAR sal nie 'n nuwe ban op sigarette wees, voor daar nie 'n openbare deelname proses plaasgevind het nie.

Dit is die verseker wat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, deur die staatsadvokaat aan die Fair Trade Independent Tobacco Association gegee het.

Fita sê nadat hulle die versekering ontvang het laat vaar hulle hul regsstappe. 

"Fita sal die appel onttrek en elke party sal hul eie regskoste vir die hooggeregshof en appelhof betaal."

Fin24 berig in die skrywe van die staatsadvokaat aan Fita word genoem: "Die aanbod oor 'n openbare deelname proses, sou 'n nuwe ban oorweeg word, is 'n goeder-trou poging om die saak op te los.

"Die staat neem ook kennis dit bedoel nie dat 'n openbare deelname proses volgens wet vereis word nie."

Daar is wel nie op een van Fita se versoeke ingestem nie.

Fita het die staat gevra om spesifiek genader te word om 'n voorlegging te maak sou 'n nuwe ban oorweeg word.

Hierop sê die staat dat enige uitnodiging, aankondiging of konsultasie proses sal in die openbaar uitgereik word.

"Dit staan Fita vry om aan 'n openbare deelname proses deel te neem, maar sal nie spesifiek genooi word om dit te doen nie."

Intussen wat British American Tobacco, die lang se grootste tabak-vervaardiger, nog op die uitkoms van hul regsaansoek teen die ban.

BAT se saak is drie weke gelede, op 5 Augustus, in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters