8 maande gelede
Spirit, nie spirits, sê die prez
fellow South Africans... Pres. Cyril Ramaphosa het gisteraand voorbehoed gepreek.Foto: GCIS  ~ 

JY MAG darem die komende Paasnaweek kerk toe gaan.

Dit moet egter steeds verantwoordelik en ooreenkomstig se lockdown-regulasies gedoen word.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagaand weer die nasie toegespreek.

Hy sê die land sal op inperkingsvlak 1 bly, maar met aangepaste regulasies.

Off-sales en drankwinkels is byvoorbeeld toegekap, maar darem net vir die vier dae van Vrydag tot Maandag.

Licensed eetplekke, shebeens en kroeë kan steeds hul doppie verkoop soos normaal.

Die curfew bly tussen middernag en 04:00.

Hy vra die burgers: “Ons moet voortgaan om sosiale afstand toe te pas, want dis baie belangrik om die virus te beveg.

“Ons moet ook groot saamtrekke vermy. Hierdie is dinge wat baie effektief is om die verspreiding van die virus te verhoed.

“Laat ons tuisbly waar dit moontlik is. Laat ons nie begrafnisse bywoon tensy ons onmiddellike familie van die oorledene is nie.

“En ons moenie die wonings besoek van diegene wat in rou gedompel is nie.”

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het vroeër Dinsdag gesê die provinsiale regering­ verwerp ’n verbod op die verkoop van alkohol.

Volgens Winde sal so ’n verbod op alkoholverkope net die pogings ondermyn om die ekonomie te laat herstel.

Gaan uit! Die inperkingsregulasies oor Paasfees noop mense om elders te gaan drink.

Verbode

Ramaphosa sê egter: “Weens die feit dat alkohol roekelose gedrag aanhits, sal die verkoop van alkohol vir off-site consumption in die komende langnaweek verbode wees.

“Dis Vrydag, Saterdag, Sondag en Maandag. Net daai vier dae. Die verkoop vir on-site consumption by plekke soos shebeens, kroeë en restaurante sal toegelaat word.”

Ramaphosa erken dat die komende Paasnaweek ’n baie belangrike tyd vir Christene is.

“Binnekort gaan Moesliems ook Ramadaan vier,” sê hy verder.

Hy sê ná vergaderings met geloofsgroepe het die regering besluit om wel oor die komende langnaweek byeenkomste toe te laat, maar onder streng voorwaardes.

Byeenkomste: Christene sal Paasdienste kan bywoon – met voorwaardes. Foto’s iSTOCK

“Ná konsultasies is daar besluit dat 250 mense binnenshuis en 500 mense buite oor dié periode by geloofsbyeenkomste toegelaat word,” sê hy.

“Waar die venue te klein is om dié getalle te akkommodeer met genoegsame sosiale afstand, mag nie meer as 50% van die venue se kapasiteit gebruik word nie.

“Gemeentelede moenie buite hul gewone plekke van worship vergader nie en mense moet huis toe gaan en nie ná dienste oorslaap nie.”

Dienstye word steeds tot net twee ure beperk, sê Ramaphosa.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters