4 maande gelede
Speurtak ondersoek cops ná bokse sigarette verdwyn
VERDAGTES: Bellville-Suid se polisie word ondersoek vir diefstal.  ~ Jonathan Lestrade

DIE Bellville-Suid-polisie se speurtak ondersoek ’n saak van sigaretdiefstal teen van sy eie lede.

Son verneem dat dié lede en nog andere van twee polisiestasies op 17 Mei by ’n Somaliese winkeleienaar in die gebied ’n “klopjag” uitgevoer het. Tydens die klopjag het hulle op groot bokse gevul met cartons vol entjies beslag gelê.

Dié entjies is van die trusted brands wat sedert die nasionale lockdown in die eienaar se stoor lê.

Die polisie is fort met al die sigarette.

Die winkeleienaar het toe ’n klag by die Bellville-Suid-polisiekantoor aanhangig gemaak.

Hy het ’n gedeelte van die “gesteelde” goedere teruggekry, maar vier groot bokse van die stock het dit na bewering nooit tot by die polisiekantoor gemaak nie.

Geopen

Die straatwaarde van die sigarette beloop glo tussen R300 000 en R400 000.

Kapt. Frederick van Wyk het bevestig dat ’n saak van diefstal geopen is.

“Die saak word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters