Verlede maand
'Sommige werkgewers het nie hul werkers betaal'
Thulas Nxesi  ~ GCIS

SOWAT 700 000 mense wag nog op uitbetalings vanaf die Ters-skema, het die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, gesê. 

Nxesi het Donderdag voor die parlementêre portefeuljekomitee oor arbeid en indiensneming gesê die uitbetalings word om verskeie redes vertraag.

Die Ters-skema is voor lockdown begin vir werkers wie se inkomste weens Covid-19 geaffekteer is. Minstens R10 miljard is daarvoor beskikbaar gemaak.

Nxesi het gesê van die redes is dat werkgewers wel geld ontvang het, maar dit nie aan hul werkers oorbetaal het nie.

Hy sê daar was ook probleme met die dokumente van buitelanders wat in Suid-Afrika werk.

"Ons probeer om saam met die werkgewers te werk om die kwessies op te los, maar die werkgewers wat nie hul werkers uitbetaal het nie, en dit lyk of hulle baie is, gaan ons mee opvolg." - Jacaranda FM


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters