3 maande gelede
Só pay klerewerkers tydens lockdown
Are we becoming sadder? How to handle bad mood acc
Werkers in die klerebedryf kan weer smile nou dat hulle pay uitgesort is.  ~ Foto ter Illustrasie: Blend Images

DIE nasionale bedingingsraad vir die klerevervaardigingsektor het 'n ooreenkoms bereik met die minister van arbeid en indiensneming, Thulas Nxesi, om te verseker dat werkers tydens die lockdown betaal word.

Regulasies oor hoe die betaling gaan werk is reeds in die Staatskoerant gepubliseer.

Die Unemployment Insurance Fund (UIF) en maatskappye gaan oor die drie weke van lockdown beurte maak om weeklikse salarisse aan werkers uit te betaal.

Die UIF gaan die geld aan die bedingingsraad betaal waarna dit aan die verskeie maatskappye oorbetaal word.

Die geld kan nie gebruik word vir enigiets anders as om die werkers te betaal nie. Daar word ook gewaarsku dat enigeen wat die geld misbruik, onmiddellik vervolg sal word.

Dit is hoe die betalings sal werk tydens lockdown.

Week 1: Die werkgewer betaal vir werk wat gedurende die week voor die lockdown gedoen is.

Week 2: Die werkgewer betaal lone vir werk wat reeds gedoen is met die balans wat opgemaak gaan word met geld van die UIF. Die werker sal 'n volle week se lone kry.

Week 3: Volle week se lone wat deur die werkgewer betaal word.

Week 4: Volle week se lone wat deur die UIF betaal word.

Week 5: Volle week se lone wat deur die werkgewer betaal word.

Week 6: Volle week se lone wat deur die UIF betaal word. - Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters