3 maande gelede
Skurf vir turf
slagoffer: ’n Meisie van Manenberg word hospitaal toe geneem nadat sy Maandag in ’n skietery gewond is.Foto: LEON KNIPE  ~ 

IN MANENBERG woed ’n turf war oor entjies.

Volgens Kader Jacobs, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Manenberg, gaan die skietery oor watter gang waar entjies kan verkoop.

Jacobs sê: “Die gangs wat entjies verkoop, ignoreer die terrority oor dit nie drugs is nie.

“ ’n Karton entjies word vir tot R2 000 verkoop. Hulle fight oor wie waar entjies kan verkoop.”

Jacobs het ook sy kommer uitgespreek oor die bendeskietery.

Hy beweer daar is ’n interne fight onder die Jesters en dat die Hard Living-bende en Jesters ook op mekaar skiet.

Die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, is bekommerd oor die bendegeweld tydens die lockdown.

Mannekrag

Volgens Fritz het die geweld tussen rival bendes weer opgevlam nadat daar voor die lockdown ooreengekom is op ’n skietstilstand.

Fritz sê: “Ek verwelkom die stappe van die polisie om ekstra mannekrag te ontplooi in die areas waar die bendeskietery weer opgevlam het.

“Dit is belangrik dat die skuldiges so gou moontlik in hegtenis geneem word.”

Die afgelope naweek was daar verskeie skietvoorvalle in Manenberg, Lavender Hill en Hanover Park.

In Manenberg is ’n sewejarige seuntjie Sondag getref deur ’n dwaalkoeël wat deur hul wendyhuis gegaan het.

Nog twee mense is in bendeskietery in Manenberg gewond.

Die slagoffers in daardie skietvoorval is ’n 10-jarige meisie en ’n 64-jarige man.

In Lavender Hill is ’n 21-jarige man Saterdag in ’n drive-by shooting noodlottig gewond.

In dieselfde skietvoorval is ’n 20-jarige man gewond.

Donderdagaand is ’n 14-jarige seun in ’n drive-by shooting in Hanover Park gewond.

Die skoolseun is later in die hospitaal oorlede.

Vuur

Sy nefie is in dieselfde voorval in die been gewond.

In Surburg Walk is ’n meisie en seun ook in die skietery gewond.

Hulle het buite in die jaart by ’n vuur gesit toe daar vanuit ’n silwer motor op hulle losgebrand is.

Volgens Gavin Wallburg van die gemeenskapspoli­siëringsforum in Steenberg is hy bekommerd oor die skietery wat weer opgevlam het.

Hy beweer daar was Maandag weer ’n skietery, maar gelukkig is niemand raakgeskiet nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters