4 maande gelede
Skoolkinders nog 'n maand by die huis
skool
Foto ter illustrasie: Jonathan Lestrade  ~ 

DIE DONKERWOLK wat oor die begin van die nuwe akademiese jaar gehang het, is nou nog net gedeeltelik daar.

Vrydagoggend het die departement van basiese onderwys ook datums vasgemaak vir wanneer skoolbestuurspanne, onderwysers en leerders na die klasgronde sal terugkeer.

Weens die corona-virus moes die skoolkalender in 2020 aansienlik aangepas word, wat dan ook 'n effek op die 2021-skoolkalender sou hê.

Reginah Mhaule, adjunkminister van basiese onderwys, het namens die minister, Angie Motshekga, die media toegespreek. 

Mhaule het verduidelik dat die skoolkalender is aangepas met onnies wie op 1 Februarie en leerders op 15 Februarie na die klaskamer sal terugkeer.

"Die corona-virus het ons lewens op die kop gedraai en besluitneming vir 'n sektor so groot soos basiese onderwys het dit 'n moeilike oefening geword. Gegewe die druk wat daar die afgelope paar weke op die gesondheidsorgstelsel is, met 'n toename in infeksies, is daar na konsultasie besluit om die heropening van openbare en privaatskole met twee weke uit te stel."

Die besluit is ook van toepassing op privaatskole wat reeds heropen het en gesprekke sal nou met hulle plaasvind om hul skoolkalender ook aan te pas.

Oor die impak van die pandemie op die nasien van die 2020 matriekeksamenvraestelle, sê Mhaule: "Daar is ongelukkig nasieners wie oorlede is. Daar is ook diegene wie van die merkery onttrek het uit vrees en angs, ander omdat hul familielede het wie positief getoets het."

Sy noem dat baie van die nasieners het aangedui dat hulle begrafnisse or byeenkomste bygewoon het waar groot groepe mense teenwoordig was.

Intussen sê Mhaule dat kleuterskole ook die nodige gesondheid en veiligheidsmaatreëls in plek moet hê voor hulle heropen. "Indien hulle voor 15 Februarie voldoen aan die Covid-riglyne kan hulle voor dan al heropen."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters