3 maande gelede
Skole bly oop
skool
VOORSORG: Skole moet hou by die SOPs wanneer daar 'n positiewe geval is en elke skool moet 'n Covid-komitee, file en beampte hê.  ~ Jonathan Lestrade

SKOLE moet oop bly.

Sò beklemtoon die minister van basiese onderwys, Angie Mothekga, wie byvoeg die regering is nie onsensitief teenoor bekommernisse oor die stygende infeksies nie.

Motskega het Saterdag ‘n update gegee oor die onderwyssektor se reaksie op die pandemie.

“Daar moet ‘n balans gevind word om lewens te red en livelihoods. Dit beteken ons moet alles moontlik doen om ‘n moontlike akademiese ramp te verhoed.”

Sy noem dat die advies van openbare gesondheidskenners word ten alle tye gevolg en dat daar wetenskaplike redes moet wees vir alle besluite.

“Ons moedig ook alle skole aan om op te tree en te hou by die Standard Operation Procedures oftewel SOPs, wanneer daar Covid-19 gevalle by die skool is.

“Elke skool moet ook ‘n Covid-19-komitee, ‘n Covid-19-file en Covid-beampte he.”

Motshekga voeg by: “Covid-gevalle by skole word hanteer volgens ‘n differentiated strategie, dit verskil van provinsie tot provinsie en skool tot skool.”

Sy bieg dat daar is disruptions in die sektor maar die meerderheid van skole is stabiel. 

Die regering gaan ook voort met planne dat alle laerskoolleerders sal terugkeer na die skoolbanke op die eerste dag van die derde kwartaal op 26 Julie.

Motshekga verduidelik dat daar met talle rolspelers hieroor geraadpleeg is.

“Die besluit is ook geneem na aanleiding van talle studies. Die studies het onder meer gekyk na die onderrig en opvoedingsverliese wat alreeds gely is in die sektor. Asook wetenskaplike bewyse oor die impak van Covid-19 op jonger kinders.”

Volgens die minister is provinsies tans op verskillende vlakke wat die gereedheid betref en word daar met elke provinsiale departement sessies gehou oor hul gereedheid.

Die onderwysersunie Eusa het so reageer op die aankondiging:

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters