3 maande gelede
Sekswerkers soek ook hulp
Lockdown
Sekswerkers sê hulle word ook geraak deur die corona-virus.  ~ Foto ter Illustrasie

SEKSWERKERS wil hê pres. Cyril Ramaphosa moet hulle ook insluit by die Temporary Employee Relief Scheme.

Twee organisasies, wat hulle beywer vir die regte van sekswerkers, wil ook hê die wetshervormingsproses, om sekswerk te dekriminaliseer, moet bespoedig word.

The Sex Workers Education and Advocacy Taskforce en Sisonke sê hulle het met kommer kennis geneem dat sekswerkers nie genoem word in gesprekke oor ondersteuning aan werkers nie.

"Ons is nie seker wie presies geprioritiseer gaan word in die planne wat deur die president uitgelê is wanneer hy sê 'ons gaan mense ondersteun wie se bestaan geaffekteer gaan word' nie," sê die organisasies in 'n verklaring. 

"Sekswerk is werk en hulle het ook hulp nodig omdat hulle bestaan ontwrig is."

Die organisasies sê sedert die uitbreek van die corona-virus, Covid-19, is sekswerkers die eerstes wat finansieel daardeur geraak is.

Volgens 'n studie wat die organisasies in 2013 gedoen het, was daar 158 000 sekswerkers wat vir tot soveel as sewe afhanklikes moet sorg. - The Citizen


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters