11 dae gelede
Sekere spazas bly oop
Khumbudzo Ntshavheni, South Africas small business
Khumbudzo Ntshavheni, minister van kleinsake-ontwikkeling. F  ~ oWaldo Swiegers, Bloomberg

IN DIE informele sektor sal slegs spaza shops met ’n munisipale lisensie toegelaat word om tydens die lockdown handel te dryf.

Die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, het Dinsdag wel genoem dat spazas wat besit en bestuur word deur Suid-Afrikaanse burgers, oop sal bly.

Die regering sal Vrydag details gee oor hoe die spazawinkeleienaars en mense wat in die informele sektor handel dryf, deur die lockdown geraak sal word.

Betaalpunte

In Suid-Afrika is daar sowat 100 000 spaza shops wat onder verskillende lisensiërings­regulasies ingevolge die verskillende munisipaliteite se individuele by-laws bedryf word.

Vanaf Vrydag sal alle besighede gesluit wees. Net apteke, laboratoriums, handelsbanke, betaalpunte, supermarkte, vulstasies en gesondheidsorg-diensverskaffers sal toegelaat word om oop te bly.

Die departement van kleinsakeontwikkeling sal Vrydag ’n spesifieke plan aankondig waarmee spaza-winkeleienaars bygestaan sal word. – Business Insider

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters