Verlede maand
Rookwalms word geblus
Rokers is woedend vir piempers in hul area.  ~ Foto ter illustrasie / Bloomberg

PIEMPERS wat hulle soos opregte spoilsports gedra, is nou besig om die bietjie joy van rokers verder te steel.

Inwoners van Rondevlei is die moer in oor iemand na bewering in die area besig is om “my friend” oor entjies uit te ruik.

Amper al die huiswinkels in Rondevlei is Maandagaand geraid toe ’n tip-off van entjie-lyne in die area gegee is.

’n Ou wat gepraat het, maar anoniem wou bly, sê hy verstaan nie hoekom mense so wil maak nie.

“Almal soek cigarettes en hoewel ons dit nie wil verkoop nie omdat dit onwettig is, weet ons dat almal na rookgoed soek.

“Dinge gaan swaar vir ons, want ons koop in vir baie geld.

“Dan verkoop ons dit vir cheap oor mense ook nie wil betaal nie. So, dit beteken dat ons groot verloor wanneer hulle ons so raid.”

’n Inwoner vertel dat sy net so ontsteld is met die piempers. Sy sê: “Los die bhais af. Hulle doen niks aan hulle wat nie rook nie. Dan wil julle wat so piemp nog complain oor pryse en hoe onbeskof die bhai is.

Uitwys

“ ’n Mens kan nou verstaan hoekom hulle so in ’n mood is, want hulle kan nie hul customers vertrou nie.”

Zoraya du Plessis, nog ’n inwoner, sê sy verstaan ook nie hoekom piempers die huiswinkels target nie.

“Ek is vies, want wat doen entjies aan mense? Hoekom kan hulle nie die merts so uitwys nie? Almal weet tog wie die mense is wat drugs verkoop. Dis die drugs wat ’n groter probleem is en ons gemeenskappe opmors.

“So, ek dink daai persoon of persone wat so hulle mond uitspoel, kan so ’n bietjie die regte ding doen en eerder die merchants begin piemp.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters