3 dae gelede
Restaurante moet ook sluit
Foto: www.thecookingjar.com  ~ 

MET beperkte voete in die strate vir 21 dae sal restaurante, kafees, kroeë en koffiewinkels tydens die nasionale shutdown toe wees.

Mmamoloko Kubayi-Ngumane, minister van toerisme, het die aankondiging Dinsdagmiddag gemaak.

Selfs afleweringsdienste soos Mr D Food, OrderIn en Uber Eats gaan onder lockdown.

'n Brief hieroor is omtrent op sosiale media versprei, met sommige wie bespiegel het dit is ook #fakenews.

Kubayi-Ngumane en haar woordvoerder, Hlengiwe Nhlabathi, het beide op Twitter bevestig dat die inhoud van die brief waar is.

Netwerk24 berig Wendy Alberts, hoof van die restaurantvereniging van Suid-Afrika, sê hulle het ook die aankondiging van die minister se kantoor ontvang.

Ramaphosa het Maandagaand aangekondig net noodsaaklike ondernemings soos supermarkte wat kos verkoop, apteke, petrolstasies en banke mag oop bly.

'n Volledige lys van winkels en maatskappye wat tydens die lockdown mag oop wees sal in die Staatskoerant aangekondig word.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het ook aangekondig dat hy vanaf Vrydag tot 16 April alle binnelandsse vlugte gaan opskort.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters