Verlede maand
Eetplekke gaan hof toe oor verbod
jobs
Restaurante het in 2020 reeds betoog oor van die lockdown-regulasies.  ~ Mpumi Kiva

DIE Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) gaan die regering hof toe sleep oor die verbod op alkoholverkope.

Rasa gaan Dinsdag hofstukke by die Johannesburgse hooggeregshof indien.

Wendy Alberts, hoof van Rasa, sê die bedryf wil met die regering onderhandel vir ’n lewensvatbare oplossing en om ’n balans te vind tussen die red van lewens en die red van mense se lewensbestaan.

Sy voeg by hulle sal ’n verbintenis uitwys tussen die restaurante se groot verliese aan wins weens die drankverbod en die impak van die aandklokreël.

Opgehef

Intussen het die DA ’n beroep op pres. Cyril Rama­phosa gedoen om die ekonomies verwoestende drank­verbod met onmiddellike effek op te hef, berig Jacaranda FM.

Alberts voeg by restaurante maak hul winste veral deur drankverkope, maar die eetplekke lyk nou soos spook­dorpe.

“Ons gaan ons saak Dinsdag stel met die samewerking van rolspelers wat die bedryf ondersteun. Ons het nodig dat die verbod en die aandklok­reël opgehef word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters