21 dae gelede
Restaurant-werkers pleit by regering oor ure
STILLE PROTES: Die betogers laat hul posters praat langs die N2-deurpad.  ~ Clive Pretorius

HEIDELBERG. – Restaurant-eienaars en werkers van vier restaurante hier en die kusdorp Witsand het gister ’n stille protesaksie langs die N2 gehou.

Dié aksie is volgens Mike Amos, een van die vier eienaars, deel van die landwye aksie om die regering te vra om die regulasies aangaande restaurante te verslap.

“Ons hou streng by die regulasies oor sosiale distansiëring en sanitasie, maar dít alleen sal nie ons deure oophou nie.”

Impak

Hy noem dat hy reeds ses werkers moes afdank omdat hy hul lone nie meer kon bekostig nie.

Die werkers is baie bekommerd oor die impak van die regulasies op hulle.

Monique Burger sê as die regulasies nie verslap word nie, gaan hulle ook binnekort werkloos wees.

Restaurante in die hele Hessequa het aan soortgelyke aksies deelgeneem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters