Verlede maand
Hoë vra dat dooies ook getoets word
A funeral parlour staff member in personal protect
Die regering wil hê mense, wat aan natuurlike oorsake dood is, moet vir Covid-19 getoets word.  ~ Felix Dlangamandla

DIE departement van gesondheid wil hê mense wat aan natuurlike oorsake dood is, moet ook vir Covid-19 getoets word.

Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van die departement, het op 12 Augustus 'n omsendbrief gestuur waarin dokters en begrafnisondernemers gevra word dat mense, wat by die huis gesterf het, vir die corona-virus getoets moet word.

Popa Maja, woordvoerder van die departement, sê die riglyne in die omsendbrief is nog nie in werking nie, maar dat dit die regering sal help om 'n beter idee te kry van hoeveel mense aan die virus dood is.

Maja sê dit gaan nie die gewone uitreiking van doodsertifikate affekteer nie en dat die regering self vir die toetse sal betaal.

Die begrafnisbedryf is egter bekommerd.

Pieter van der Westhuizen, algemene bestuurder van Avbob, sê as rolspelers ondersteun hulle die riglyn, maar het praktiese aanwysings nodig sodat ondernemers duidelike riglyne kan hê oor die stappe wat gevolg moet word vanaf die liggaam die huis verlaat en by die lykshuis aankom.

Hy voorsien dat die nuwe proses om liggame te toets die proses gaan vertraag om liggaame vir begrafnisse vry te stel.

Van der Westhuizen sê die begrafnisbedryf gaan nou onder druk wees.

Libo Mnisi van die South African Funeral Practitioners Association sê dis belangrik dat die departement eers gesprekke met die bedryf voer voor hy sulke opdragte gee omdat daar verskeie uitdagings daaruit gaan spruit. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters