16 dae gelede
Regering verdedig CTIC besluit
alan winde
Alan Winde, Wes-Kaapse premier, op ’n besoek aan die tydelike hospitaal in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum (Kiks). Foto: Jaco Marais  ~ 

DIE premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, en amptenare het Dinsdagmiddag voor 'n spesiale sitting van die Wes-Kaapse parlement se Covid-19 ad hoc komitee verskyn.

Op die agenda was die herlewing van Covid-19 in die provinsie en die toenmae in aktiewe gevalle, hospitaaltoelatings en die sterfte-syfer, wat hoër is as tydens die eerste golf.

Die provinsiale regering is tydens die sitting deur opposisie-partye gepepper oor die besluit om die CTICC-veldhospitaal te sluit, en net te heropen nou met die tweede golf nie.

Cameron Dugmore van die ANC, Melikhaya Xego van Good en Good se Brett Herron wou almal die redes agter die sluiting weet.

Die CTICC is verlede jaar in 'n veldhospitaal omskep, toe daar 'n toename in Covid-gevalle by hospitale was. Dit is toe gedoop die Hospitaal van Hoop.

Winde het verduidelik dat met die afname in infeksies in September is eers die Khayelitsha-veldhospitaal gesluit. Dit was grootendeels omdat personeel na die Oos-Kaap moes terugkeer.

Volgens Winde het die CTICC-veldhospitaal slegs 50% van die hospitaal se kapasiteit bereik en is daar intussen kapasiteit by ander bestaande fasiliteite gebou.

Hy voeg by dat 'n strategiese besluit geneem moes word rondom personeel.

"Baie personeel wie gesub-kontrakteur was uit ander provinsies moes ook terugkeer na hul provinsies, waar daar 'n toename was."

Nomafrench Mbombo, die Wes-Kaapse minister van gesondheid, voeg by: "Terwyl die CTICC-hospitaal gebruik was, is die Brackengate-veldhospitaal wat tans gebruik word en ander veldhospitale gebou.

"Ons het ook by ander hospitale beddens ingerig vir die behandeling van Covid-19-pasiënte. So daar is geen behoefte vir die CTICC nie."

Volgens haar is dit ook nou makliker vir personeel, wie nie na die middestad hoef te reis nie.

Winde noem dat die provinsie teen die einde van die week 744 ekstra beddens in die stelsel voeg, wat meer sal wees as die kapasiteit van die veldhospitaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters