2 maande gelede
Regering publiseer regulasies
covid-19
CoronaVirus-regulasies  ~ 

DIE regering het vandeesweek ’n nasionale ramp amptelik gemaak deur regulasies af te kondig wat die inwerkingstelling van die regulasies afdwing.

Die regulasies is onderteken deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, en betrek alle staats­departemente om die corona­virus te keer.

Nou, wat beteken dit vir ons?

Die regulasies beperk die hoeveelheid drank wat jy kan koop en die vervoer van drank.

Toekoms

Dit hou ook in dat daar ’n limiet is op die aantal klante by sulke fasiliteite (dink byvoorbeeld aan restaurante) tot net 50, mits die ruimte groot genoeg is en die plek higiënies.

Dranklisensies sal glad nie vir die afsienbare toekoms uitgereik word nie, en fasiliteite wat drank verkoop, word geforseer om weekdae 18:00 te sluit en 13:00 op Saterdae en Sondae.

Die Muslim Judicial Council (MJC) het Jumuah prayers ook vir vier weke opgeskort. 

covid-19
CoronaVirus-regulasies
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters