15 dae gelede
Regering pas regulasies aan
restaurant
Jy sal weer kan gaan uiteet, jy mag net nie bier bestel nie.  ~ Foto ter illustrasie

SUID-AFRIKANERS sal volgens die nuwe aangepaste regulasies van vlak-3 weer by restaurante kan gaan uiteet. Hulle sal net nie drank kan bestel nie.

Die regering het die aanpassings Donderdag in die Staatskoerant gepubliseer. 

Van die aanpassings, is dat jy nou jou huis mag verlaat om 'n maksimum van drie vriende te kuier. Jy kan ook nou as 'n georganiseerde groep tussen 06:00 en 18:00 oefen as jy social distancing toepas.

Kasino's, konferensies, cinemas, museums en biblioteke kan ook nou heropen. Die nuwe regulasies stipuleer dat dié fasiliteite slegs kan heropen wanneer veiligheidsprotokols gepubliseer is.

Volgens die regulasies bly dit onwettig om in bars, taverns en shebeens te drink.

Wat jy moet weet oor die nuwe regulasies:

Net 50 mense sal in cinemas en teaters toegelaat word. Vir cinemas moet kaartjies deur 'n booking system verkoop word.

Jy kan nou in klein groepies oefen.

Kontaksport word toegelaat.

Gyms moet gesluit bly.

Nagklubs moet toe bly. Bazaars word ook nie toegelaat word nie.

Verblyf in privaathuise, soos Airbnb, word steeds verbied.

Strande en openbare parke is ook steeds 'n no-go.

Beweging tussen provinsies bly verbode behalwe vir 'n paar uitsonderings wat werk, skool, universiteit en begrafnisse insluit sowel as om vir nabye familie om te sien.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters