2 maande gelede
Publiek oorval OPOD met klagtes
Ontevrede: Opod het reeds ’n ellelang lys klagtes ontvang.  ~ Peter Abrahams

DIE weermag en polisie was nog nie eens ’n halwe dag in die buurte ontplooi om toesig oor die 21 dae lockdown te hou nie, toe kla die mense al oor die lede.

Die klagtes is gerig aan die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod). Volgens Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, is hulle vroeg Vrydag al oorval met klagtes van die publiek.

“Ons het oproepe gekry van mense wat kla dat die soldate en polisie nie handskoene dra nie. Ander het gekla oor die afwesigheid van die polisie en army in hulle omgewing. Die lys is lank.”

Seisa sê die oproepe was ook by kere baie kru en beledigend.

“Opod staan gereed om te help met sake wat hom aangaan.

Aanrandings

“Die direktoraat se werk is om sake te ondersoek waar daar vermoed word dat iemand dood is weens ’n polisiebeampte se gedrag.

“Dit sluit dood in polisieaanhouding in.”

“Hulle mandaat sluit ook in ondersoeke van verkragting en aanranding waar vermoed word die polisie is die culprits.

“Enige iets anders moet met die bestuur van die relevante mense bespreek word.”

Hy het mense ook herinner dat hulle vervolg kan word as hulle hulle by Opod se werk inmeng.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters