2 dae gelede
‘Prys-opstoters’ vasgevat
Minister of Trade and Industry Ebrahim Patel
Ebrahim Patel  ~ GCIS

RIGLYNE is deur die regering aangekondig.

Die minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het gesê die Industrial Development Facility (IDC) het spesiale ingrypings aangaande die lockdown weens die Covid-19-krisis gemaak.

Hier volg die regulasies:

  • R500 miljoen is opsy gesit vir trade finance om belangrike mediese produkte in te voer.
  • R700 miljoen is opsy gesit vir working capital vir toerusting en masjinerie.
  • Verder is die IDC in gesprekke met die industry players oor hoe om die aanvraag­ na produkte te benader.
  • Daar word ook gekyk na voedsel-sekerheid deur ondersteuning te gee aan die landbousektor en die food value chains.
  • Die toerisme-sektor kry ondersteuning vir working capital.
  • Daar sal bridging fi­nance wees om onderbrekings in die supply chain te ondersteun.
  • Daar sal working capital wees vir energie-sekuriteit deur die primêre energie-verskaffers te ondersteun.
  • Working capital en bridging finance vir SMEs wat onderdele vir motorvoertuig-vervaardigers bied.
  • Die IDC het ook R3 miljard beskikbaar gemaak vir die volgende kwartaal om besighede te ondersteun tydens die corona-pandemie.

Toiletpapier

  • Essensiele dienste wat buitekant die normale IDC-sektore val, sal ook na gekyk word, maar metodes om dit te ondersteun, sal ingestel word in dié tydperk.
  • Onnodige prysverhogings word ondersoek.

’n Lys kritieke produkte sal deeglik deur die National Consumer and Competition Commission bekyk word sodat daar nie onnodige prysverhogings kom nie.

Dit sluit basiese voedselitems in soos rys, meel, melk, blikkies groente, vleis, persoonlike produkte, toiletpapier, formulemelk, babadoeke, higiëne-produkte, ontsmet­middel, hand sanitiser, skoonmaakprodukte, belangrike mediese produkte, gesigmaskers en handskoene.

Die Consumer and Competition Commission ondersoek tans 11 maatskappye wat produkte soos gesigmaskers, hand sanitisers en ander produkte teen hoë pryse verkoop het.

Meer firmas sal ondersoek word.

Rapporteer

Die National Consumer Commission het ook ’n tolvrye hotline (0800 014 880) begin en sal gekontak kan word op sosiale media deur Twitter (@NCC_COVID19).

Verbruikers kan enige onnodige prysverhogings op enige van die bogenoemde produkte of ander belangrike produkte rapporteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters