2 maande gelede
Prossies wil ook hulp hê
sex worker
Prostitute sukkel ook tydens die lockdown.  ~ iStock

NOLWAZI Gatsha (skuilnaam), ’n sekswerker vir die afgelope 11 jaar, het die nasionale lockdown, as “hel” beskryf.

Die feit dat sy nie kan werk nie, het haar finansieel en emosioneel baie hard geslaan.

Die 39-jarige vrou van Durban is een van die land se 158 000 sekswerkers wat die finansiële las voel wat deur Covid-19 veroorsaak is.

Die Sex Workers Education and Advocacy Taskforce (Sweat) en Sisonke, die nasionale beweging vir sekswerkers, het dié week vir pres. Cyril Ramaphosa gekontak.

Ondersteuning

Hulle het gevra dat hy dringend aandag moet gee aan hulle behoeftes sodat hulle lede ook voordeel kan trek uit die regering se Temporary Employee Relief Scheme.

Volgens Lesego Tlhwale, Sweat se advocacy manager, is hulle bekommerd omdat daar nie van sekswerkers gepraat word wanneer dit kom by die ondersteuning van werkers gederende die lockdown nie.

Sy sê Sweat het nooit gesê sekswerk is ’n “noodsaaklike diens” nie.

Maar sy dink tog dat sekswerkers ook by die skema ingesluit moet word om die impak van die pandemie te versag. – City Press

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters