11 dae gelede
Prof sien moeilike tyd vir SA vorentoe
Prof. André Roux van die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool.  ~ Foto Verskaf

“DIT gaan ’n lang en moei­like tyd onder lockdown wees.”

Met dié woorde het prof. André Roux van die Universiteit Stellenbosch mense oor die ekonomiese nagevolge van die lockdown ingelig.

Roux verduidelik die lockdown sal veral mense met eie besighede, soos smouse, erg benadeel.

“Dis ’n goeie ding dat spaza-winkels oop sal wees, maar omdat die mense wat veral by dié winkels koop, nie húlle gewone inkomste gaan kry nie, sal daar ’n klomp ander probleme wees.”

Koopkrag

Die prof meen niks hiervan kan ’n mooi prentjie skilder vir die afsienbare toekoms nie.

“Suid-Afrikaners sal sake kan doen, maar hulle klante se koopkrag sal baie minder wees.

“Die onbekende aspek van hoe lank dié toestande sal voortduur, vererger die situasie,” waarsku hy.

“Swaarkry gaan die land erger tref, terwyl ons ekonomie reeds deurloop.

“Dit gaan die armstes van die armes die swaarste tref,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters