26 dae gelede
Prez deel punches uit na SA
Pres. Cyril Ramaphosafoto verskaf  ~ 

PRES. Cyril Ramaphosa het harde woorde gehad toe hy die land Maandagaand toespreek.

’n Duidelik ontstelde staatshoof sê: “Suid-Afrikaners dra nie hul maskers nie, was nie hul hande nie, hou nie ’n veilige afstand nie en hou partytjies.”

Suid-Afrika het om middernag van ’n lockdown op vlak 1 na vlak 3 geskuif.

“Alle events binne en buite is verbode. Net 50 mense mag begrafnisse bygewoon. Plekke soos restaurante, mu­seums en casino’s kan oop bly, maar onder streng voorwaardes.

“Die curfew word ook aangepas na tussen 21:00 en 06:00. Restaurante en ander plekke wat oop mag wees, moet teen 20:00 toemaak.”

Ramaphosa sê dis ook verpligtend vir almal om maskers te dra. As jy nie een dra wat jou neus en mond bedek nie, kan jy agter tralies beland of beboet word.

Die verkoop van alkohol by taverns, kroeë en drankwinkels is ook verbode.

Die prez erken dis drastiese stappe. “Die alkoholbedryf is ’n bron van werksgeleenthede. Ons prioriteit moet egter nou wees om lewens te red.”

Die president het nóg hotspot-distrikte aangewys wat nou die hele Wes-Kaap insluit. Alle damme, openbare swembaddens en strande is ook gesluit.

Die nuwe regulasies bly van toepassing tot 15 Januarie 2021, waarna dit hersien sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters