13 dae gelede
Premier: Wes-Kaap gereed vir vlak 3
Premier Alan Winde
Premier Alan Winde  ~ verskaf

KONSULTASIES word nog gehou rondom watter vlak die Wes-Kaap as provinsie moet wees.

Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, het Donderdagmiddag tydens 'n Facebook Live-video genoem die konsultasie geskied met baie mense en politieke partye.

"Die opposisie in die provinsie vra vir 'n strenger lockdown in die provinsie en die DA sê ons moet weg beweeg van alle afsluitings en die ekonomie oopmaak."

Winde hou vol dat daar nie verskillende levels in die provinsie moet wees nie.

"Dit sal chaos veroorsaak, met mense wat gaan probeer om hul besighede te open. Mense sal ook beweeg na gebiede wat op 'n laer vlak is waar sekere besighede oop is wat nie onder 'n hoër vlak oop is nie."

Level-3

Die Wes-Kaap is gereed om na vlak-3 lockdown te beweeg.

"Ons kan natuurlik op gebiede en besmettingsyfers dwell, maar eerlikwaar moet ons 'n balans vind.

"Vlak-3 sal beslis help om te verseker dat ons die krisis wat ons nou confront kan voorkom. Dit is nie net die Covid-19-krisis nie. Ons face ook 'n armoede en werkloosheidskrisis."

Sigarette en alkohol

Winde het ook gehint dat ons drie kan ons 'n toegewing verwag.

"Niks is nog finaal nie en ons weet nie hoe die level-3 lockdown regulasies gaan lyk nie.

"As provinsie is ons ook nog nie gevra om kommentaar te lewer nie."

Intussen sê die provinsie se eerste burger sal sy regering voortgaan om vir die verandering van regulasies wat nie sin maak nie.

"Ons probeer om die virus te vertraag, nie mense te keer om te rook nie. Ons sal vra vir die verandering in die regulasies solank dit sin maak en nie 'n groot verskil maak aan die verspreiding van die virus nie." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters