21 dae gelede
Polisie sal inry-kerke behoorlik opcheck
Kol. Priscilla Naidu  ~ Foto Verskaf

COPS in Nelson Mandelabaai sê hulle gaan drive-in-kerkdienste dophou om te verseker kerkgangers hou by die bepalings van die Rampbestuurswet.

Kragtens die wet kan ’n maksimum van 50 mense dienste bywoon.

Kol. Priscilla Naidu, ’n woordvoerder van die polisie, sê die beperking van 50 mense op bywoning verwys nie na 50 voertuie nie, dit beteken daar mag altesaam net 50 mense wees.

Beroep

Naidu sê enige een wat die bepalings van die Rampbestuurswet oorskry, gaan daarvolgens aangekla word.

Die polisie doen ’n beroep op geloofsgebaseerde organisasies om te let op die regulasies wat die regering ingestel het. Hulle vra almal om dit na te kom.

Naidu sê enige saamtrek vir die doel van aanbidding moet plaasvind op die perseel waar die kerkdiens normaalweg gehou sou geword het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters