19 dae gelede
Polisie beboet dié sonder ore
wakende oog: Die cops maak seker niemand gaan try hul luck op die beach nie. Foto ter illustrasie: netwerk24  ~ 

DIE polisie in die Wes-Kaap het sedert Oujaarsaand byna 3 000 fines vir die oortreding van lockdown-regulasies uitgeskryf, berig EWN.

Altesaam 2 915 boetes is uitgereik. Die meerderheid daarvan (2 185) was vir diegene wat nie gehoor gegee het aan die aandklokreël wat tussen 21:00 en 06:00 geld nie.

Altesaam 29 shebeens is ook deur die cops toegemaak, met 32 arrestasies vir die verkoop en verspreiding van drank.

Die cops het daarby gedurende die naweek se operasies op sowat 11 000F drank beslag gelê. Hulle het ook 13 vuurwapens en 100 patrone gekonfiskeer.

Strande

’n Voertuig-checkpoint wat Sondag in die vroeë oggendure in Laingsburg in die Karoo gehou is, het gelei tot die ontdekking van 70 kg dagga in sakke wat in ’n taxi onderweg Kaap toe was. ’n Passasier (27) van Belhar is op die toneel gearresteer.

Polisielede is regoor die provinsie op strande ontplooi om seker te maak mense gee gehoor aan die nuwe lockdown-regulasies op vlak 3 en gaan maak nie voete nat op die strande nie, berig EWN.

Al was die meeste strande verlate, was daar ’n paar oortreders wat kanse gevat het.

Altesaam 15 mense is Vrydag in ’n operasie van die strand in Pringlebaai, Onrus en Castle Beach in die Overberg verwyder.

Eerbiedig

Hulle het boetes ten bedrae van R15 000 gekry.

Die polisie het hul dank en waardering uitgespreek teenoor Wes-Kapenaars wat wel aan die nuwe lockdown-regulasies gehoor gegee en die wet eerbiedig het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters