13 dae gelede
Pestilensies self kortgevat
AKSIE: Matthew Manele sê hulle laat die misdadigers les opsê.  ~ Bryan Goliath

SELFS in die tyd van die corona-virus doen die polisie volgens ontevrede inwoners niks om misdaad in hul gemeenskap hok te slaan nie.

En as die cops dit nie kan doen nie, sal hulle die kroeks self vasvat.

Só beloof inwoners van Kleinskool wat gatvol is vir crime in hul area.

Die ongelukkiges het nou straatkomitees op die been gebring om seker te maak boewe kan nie meer onder die dekmantel van die Covid-19-pandemie mense verpes nie.

Matthew Manele, voorsitter van die straatkomitees, sê ná die aanvang van lockdown het misdaad in hul gemeenskap toegeneem.

Volgens hom gryp diewe als waarop hulle hul lang vingers kan lê. Plundery, roof en die steel van kragdrade is aan die orde van die dag, kla Manele.

“Ons is redelik suksesvol met die bekamping van misdaad. Dis belangrik dat elke inwoner in die area betrokke raak by die bedrywighede in Uitbr. 36.

“Daar is baie kwessies wat opgelos moet word en samewerking is baie belangrik,” sê Manele.

Oumense

Hy sê hul optrede wys dit is wel moontlik om crime in sy vuil spore te stuit.

“Ons sit egter met baie maatskaplike probleme in ons gemeenskap.

“Om byvoorbeeld ’n kar te huur om by die Chetty-kliniek uit te kom, kos R150. Veral ons ou mense het nie daardie geld nie.

“Ons kon daarin slaag om ’n inwoner te help wat al drie jaar sonder elektrisiteit sit, maar die nood is baie groot hier by ons.”

Manele glo hul pogings sal binnekort vrugte afwerp en dat hulle een van die dae ’n gemeenskap sal hê waarop almal trots kan wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters