Verlede maand
Pensioenaris vas vir Ters-bedrog
Photo by Bill Oxford on Unsplash
'n Pensioenaris is op klagte van bedrog gearresteer.  ~ Foto ter illustrasie

DIE Valke het Sondag 'n pensioenaris gearresteer wat na bewering die Unemployment Insurance Fund (UIF) se Ters-skema uit R4,7 miljoen bedrieg het. 

Brig. Hangwani Mulaudzi, 'n Valke-woordvoerder, sê die 62-jarige man sal tereg staan op klagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

"Die pensioenaris is gearresteer nadat hy nie bekendgemaak het dat hy 'n kitsmiljoenêr met die R4,7 miljoen geword het nie. Die geld was bedoel vir werkers van 'n sekere maatskappy wat in hofstukke bekendegmaak gaan word," sê Mulaudzi.

"Die verdagte het vir dieselfde maatskappy gewerk en het na bewering die verwysingsnommer van sy vorige werkgewers gebruik om vir sy UIF-uitbetaling aansoek te doen. Dit het later na verskeie navrae bekendgeword dat die geld uitbetaal is, maar na die verdagte se rekening herlei is."

Altesaam 14 mense is sover gearresteer vir bedrog wat met die Ters-skema verband hou.

Lt. Genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die pensioenaris se arrestasie as nog 'n deurbraak deur sy span geloof.

Lebeya sê pensioenarisse is veronderstel om rolmodelle vir hul kinders en kleinkinders te wees. - TimesLive


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters