2 maande gelede
Pa 'ontvoer' kind tydens lockdown
koronavirus
Niemand mag hul huise verlaat nie, tensy onder streng beheerde omstandighede, insluitend mediese sorg, kos, medisyne of ander voorrade koop en sosiale toelaes.  ~ Reuters

DIE biologiese pa van 'n 14-jarige seun is gearresteer nadat hy Sondag die kind na bewering met geweld uit sy ma se huis in Pretoria gevat het.

Die voorval het tydens die eerste dag van lockdown gebeur.

Die regering het dit duidelik gemaak in die regulasies van die lockdown dat kinders moet bly waar hulle was toe die lockdown begin het.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Saterdag tydens 'n interministeriële inligtingsessie gesê volgens die nuwe regulasies is die beweging van kinders tussen twee ouers verbode.

Hlengiwe Mkhize, adjunkminister in die presidensie, het na die voorval gesê sy is bekommerd oor klagte van ontvoering van kinders.- News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters