4 maande gelede
Ou met kar vol fakes vas
entjies
’N Man is verlede gevang met ’n kar vol fake sigarette.  ~ Facebook

IN DIE Paarl is 'n man onlangs gearresteer en 1 690 fake sigarette, ter waarde van tussen R60 000 en R80 000, is deur die polisie gekonfiskeer.

Die voorval het tydens 'n padblokkade deur verkeersbeamptes van Drakenstein-munisipaliteit plaasgevind.

Volgens die munisipaliteit het die man 'n U-turn probeer maak toe hy die padblokkade sien en het hy probeer vlug.

Hy het toe 'n ongeluk gemaak in die poging.

Weens sy verdagte optrede het die beamptes sy voertuig deursoek en op die sigarette afgekom.

Dis duidelik baie is nog omgekrap oor die sigaret-verbod met talle inwoners op die munisipaliteit se Facebook-blad wie nie die wetstoepassers vir hul werk loof nie.

"Die fokus op sigarette raak nou boring," meen Suzette Lakay.

Ricardo Kampies sê weer hy hoop daar word ook so hard gewerk om moordenaars en diewe te vang.

Volgens Isgaak Gaidien word daar nou nuwe kriminele gekweek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters