5 maande gelede
Opod kyk na 49 lockdown-sake teen cops
 ~ Theo Jeptha

DIE onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het bevestig hy ondersoek 49 sake van vermeende polisiebrutaliteit teen lede van die publiek gedurende die eerste twee maande van die harde lockdown in Maart en April verlede jaar.

In ’n geskrewe antwoord op Andrew Whitfield, parlementslid van die Demokratiese Alliansie (DA), het Bheki Cele, minister van polisie, bevestig so ’n ondersoek is hangend.

Volgens Opod is nege mense dood, maar uit ’n ondersoek het dit geblyk dat twee van hulle aan natuurlike oorsake gesterf het.

Vier van die sterftes het in Gauteng plaasgevind en drie in die Wes-Kaap.

In November laas jaar was daar nog ’n saak in Vredenburg aan die Kaapse Weskus.

Dit kom nadat die gesin van ’n 25-jarige verdagte ’n klag van aanranding teen die polisie aanhangig gemaak het.Hulle beweer hul broer, Jason Heyns, is dood nadat die polisie hom twee weke tevore erg aangerand het. – SABC

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters