4 maande gelede
"Ons kan nie anders as om voor Sassa te wag nie"
sassa,lindiwe zulu
Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, pleit by mense buite Sassa-kantore om die social distancing te handhaaf. FOTO: Astrid Februarie  ~ 

GATVOL, honger en moeg. 

So vertel een na die ander wie Vrydagoggend in langrye buite die Sassa-kantore in Bellville gestaan het.

Hulle is gatvol vir die swak diens. Honger want daar is nie geld om kos te koop nie en moeg van wag op antwoorde.

Nie eens die reën kon oud en jonk weghou, so desperaat is baie, dat hulle voor die staatsagentskap se kantore geslaap het. Dit terwyl ander douvoordag reeds hul weg moes vind om voor in die ry te wees om gehelp te word.

Terwyl die wêreld die veg in die stryd teen die corona-virus, is daar ook die wie baklei teen die hongerte. Daarom gee sommige nie om oor die risiko om in die rye te staan, sonder enige kommer van 'n virus wie al duisende lewens regoor die wêreld geeis het.

Nazli Martin vertel: "As jou koskassies leeg is, jy honger ly en jy het niemand behalwe jouself wat iets daaraan kan doen nie, dan sal jy ook die wag in die lyn waag."

Die 58-jarige van Delft is ongelukkig oor die stadige diens wat gelewer word.

"Ek is 'n diabetic en moet elkedag eet. Ek het nie geld wat inkom nie, so ek moet hier staan, maar daar moet tog 'n beter manier weer hoe die government ons almal kan help."

Baie van die met wie Son gesels het vertel dat hulle nie die rye wil verlaat nie uit vrees dat hulle hul plek gaan verloor as hulle terugkom. Daar is ook die wie glad nie omgee om nog 'n aand buite voor die Sassa-kantore te slaap nie. 

"Omdat ons honger is en geen ander keuse het as om hier te staan nie," sê 'n paar van die mense soos een koor.

Pogings deur selfs die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, wie 'n pleidooi gelewer het vir mense om social distancing te handhaaf was onsuksesvol.

Busisiwe Khambula, hoofbestuurder van Sassa, sê hulle doen alles moontlik om 'n gladde proses vir almal, wat aansoek doen om toelaes, te verserker.

Dit kom soos duisende na Sassa-kantore stroom om heraansoek te doen vir die toelaes, maar hulsef ook ingevaar stel om die Covid-19 virus op te doen.

Khambula het Vrydagoggend genoem dat 110 mense gehelp sal kan word en die res sal 'n datum kry vir wanneer hulle by die kantore moet wees.

"Dit sal vermy dat daar te veel mense by die kantore opdaag om aansoek te doen, so verminder ons ook die kans dat mense aan die virus blootgestel word."

Baie was nie gelukkig met die reëling nie, en het bankvas gestaan in die langrye sonder enige social distancing. Dit het daartoe gelei dat die polisie die skare met water uitmekaar probeer kry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters