Verlede maand
'Ondersoek sal my onskuld bewys,' sê Masuku
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - MAY 08: MEC for Healt
Dr Bandile Masuku, LUR van gesondheid in Gauteng.  ~ Gallo Images

DIE Gautengse LUR van gesondheid, Bandile Masuku, ontken sy betrokkenheid by tenderbedrog en sê die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek sal sy onskuld bewys.

Die bewerings van bedrog hou verband met 'n PPE-kontrak van R124 miljoen wat aan Madzikane II Thandisizwe Diko toegeken is. Diko is Khusela Diko, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, se man.

Masuku sê in 'n prokureursbrief hy het reeds voor die ANC se provinsiale integriteitskomitee en SOE verskyn.

"Ons kliënt het by die bogenoemde forums enige betrokkenheid by die departement se verkrygingsproses ontken en het verder bevestig dat hy ook nie enige amptenaar beveel het om namens hom op te tree nie.

"Ons kliënt veroordeel die gedrag van amptenare wat dalk sy naam gebruik het om tenders in die departement toe te ken.

Masuku se prokureurs sê hy sien uit na die ondersoek en vir sy naam om in ere herstel te word. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters