7 dae gelede
Nuwe skoolkalender uitgereik
Since schools are closed, should school fees be wa
Die skooljaar vir gr. R tot gr. 11 loop vanjaar tot 15 Desember.  ~ iStock

DIE skooljaar vir gr. R tot gr. 11 word vanjaar eers op 15 Desember afgesluit. 

Die matrikulante se eindeksamen sal ook op dieselfde dag afgehandel word met die merkery wat tot 22 Januarie sal voortgaan. Uitslae sal volgende jaar op 23 Februarie bekendgemaak word.

Die departement van basiese onderwys het Saterdag in 'n verklaring die aangepasde skoolkalender aangekondig.

Die hersiening van die skoolkalender kom nadat die kabinet besluit het om skole vir vier weke te sluit. Skole heropen weer op 24 Augustus.

"Die departement het die impak van die besluit op die skoolkalender oorweeg. Die beleidsproses om die skoolkalender aan te pas het toe begin met die dringendheid soos verplig is deur die Covid-19-omgewings," lui die verklaring

"Die konsultasieproses met alle rolspelers is afgehandel met die Raad van Onderwysministers wat die aangepasde skoolkalender goedgekeur het."

Dis die tweede keer vanjaar dat die skoolkalender aangepas is om veranderinge te akommodeer wat deur die impak van die corona-virus teweeg gebring is.

Leerders gaan tussen die derde en vierde kwartaal vir die week van 26 tot 30 Oktober op vakansie.

Die nuwe skooljaar sal volgende jaar op 25 Januarie begin vir onderwysers en 'n paar dae later vir leerders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters