16 dae gelede
Nuwe skooljaar met nuwe uitdagings
Van die baan: Elijah Mhlanga sê die klas van 2020 gaan weens Covid-19 nie hierdie jaar ’n matriek­afskeid kry nie.  ~ 

MEER as 30 onderwysers het in een week aan die Covid-19 verwante siektes gesterf. 

Volgens Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het 18 van die getal onderwysers in een dag gesterf. 

Mhlanga het die nuus op Twitter gebreek. Hy sê al altesaam 32 onderwysers is aan die virus dood en dat almal van een provinsie is.  Dit kon nie bevestig word watter provinsie dit is nie. 

Die departement is bekommerd oor die impak wat die sterftes in die tweede golf van die Covid-19 pandemie vir die komende skooljaar sal hê. Met die eerste wave van die virus, moes die DBO twee keer die skool kalender hersien om veranderinge wat weens die uitbreek van die virus ontstaan het, te weeg te bring. 

SABC News het berig dat die Hubert Mathanzima, direkteur-generaal van die DBO reeds sy kommer uitgespreek het, ook watter uitdagings 2021 se akademiese jaar kan bring. Mathanzima sê hulle werk saam alle rolspelers om te verseker dat onderbrekings tot die minimum beperk word.

Die minister van onderwys, Angie Motshekga, het in Oktober aangekondig dat die grootste gedeelte van 2020 se skooljaar na die volgende jaar oorgedra moet word. Die skole open op 25 Januarie 2021.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters