Verlede maand
Nurse by winkel ‘verneder’
‘MELAATS’: Jackie Brooks (63) sê sy is sy nog nooit so in die gesig gevat nie.  ~ Melinda Stuurman

’N NURSE van Mitchells Plain sê mense behandel haar soos ’n melaatse.

Jackie Brooks (63) vertel sy is sy nog nooit so verneder nie. Sy sê sy mense kyk haar aan asof sy die pes het.

Brooks het ’n nagmerrie-ondervinding gehad toe sy verlede naweek haar inkopies by Winners Cash & Carry in Lentegeur gaan doen het.

Daar was reeds ’n ry buite die winkel en sy het in die ry vir die noodsaaklike werkers gaan staan.

’n Omgekrapte Brooks vertel: “Ek was ’n rukkie in die winkel besig om my inkopies te doen toe die sekuriteitswag na my toe kom.

“Hy het gevra dat ek saam met hom na agter in die winkel moet gaan.

“Ek was verbaas en het gedink dis oor die ander pakkie wat ek in my hand het.

“Toe ek agter in die winkel kom, het die sekuriteit my temperatuur gevat.

“Die bestuur was ook teenwoordig en wou weet of ek siek is.

“Hoe meer ek nee sê, hoe meer het hy op my geskree en wou weet of ek al getoets is.

“Hy wou weet of ek by ’n hospitaal werk wat toegemaak het oor mense positief getoets is.

“Ek het nee gesê en hulle het my gelos.

“ ’n Rukkie daarna het die bestuur voor al die mense in die winkel vir my geskree om die winkel te verlaat, want ek ‘het die virus’.

“Ek het eers gedink dis ’n grap, maar toe die sekuriteitswag my by die winkel uit begelei, het ek kwaad geraak.

“Ek is nog nooit so verneder nie. Hy is nie ’n dokter om vir my te kom sê ek het die virus nie.”

ONWELKOM: Die bestuurder van Winners Cash & Carry in Lentegeur wou Jackie Brooks, ’n verpleegster van Mitchells Plain, uit die winkel hê nadat iemand hom wysgemaak het sy het die corona-virus. Foto: Facebook

Brooks sê sy stel elke dag haar lewe in gevaar om ander te help, maar word nou soos ’n melaatse behandel.

Sy sê dis ook nie die eerste keer dat sy toegang tot ’n winkel geweier is nie.

Beskerm

Die bestuurder by Winners, Rashied Khan, het die voorval bevestig.

Khan sê: “Een van die customers het ons ingelig dat die dame by ’n hospitaal werk waar daar Covid-19-gevalle was.

“Die customer het gesê die vrou is een van die mense wat positief is.

“Ek het net ons customers beskerm en haar ordentlik gevra om die winkel te verlaat.

“Ons weet nie of die persoon die waarheid gepraat het nie, maar om aan die veilige kant te wees, het ons haar gevra om die winkel te verlaat.

“Dit was om ons personeel en customers te beskerm.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters