2 maande gelede
NIOS waarsku teen verslapping van regulasies
corona
~Die Nasionale Coronavirus-bevelraad vergader Sondag om die ontwikkeling van die pandemie in die land en die nasionale reaksie te bepaal.  ~ verskaf

OM VAN die vlak-4 regulasies te verslag is tans nie 'n goeie idee nie, veral nie met Covid-infeksies wat aanhou styg nie.

Sò reken die nasionale instituut vir oordraagbare siektes.

Saterdagaand het die NIOS 21 610 nuwe Covid-infeksies oor 'n 24 uur tydperk aangeteken, met nog 265 Covid-verwante sterftes.

Die reaksie vanaf die NIOS kom enkele ure voor pres. Cyril Ramaphosa die land toespreek oor Suid-Afrika se reaksie op die Covid-19 virus. Dit volg na vergaderings Sondag deur die nasionale corona-virusbevelsraads, die presidensiële-koordineringsraad en die kabinet.

Prof. Adrian Puren, waarnemende uitvoerende direkteur van die NIOS, sê farmaseutiese ingrypings moet nog verhoog word.

"Gegewe die getalle sal dit 'n moeilike besluit wees om van die regulasies aan te pas, en die land te skuif na selfs vlak-3.

"Dit is nog steeds belangrik om te verseker dat nie farmaseutiese maatreëls gehoorsaam word, en dat dit verskerp word." - SABCnuus

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters