15 dae gelede
Netcare skrap besoektyd
hospitaal
Slegs een ouer word toegelaat by kinders wat in die pediatriese-eenheid opgeneem is.  ~ Verskaf

NETCARE het Woensdag aangekondig dat besoektyd -  behalwe vir spesiale omstandighede - by hul hospitale opgeskort is.

Dr. Richard Friedland, Netcare se bedryfshoof, sê weens die erns van die Covid-19-pandemie moet buitengewone maatreëls getref word om hul gesondheidsorgpersoneel asook pasiënte, wat nie ontslaan kan word nie, te beskerm.

Friedland sê in 'n verklaring 'n uitsondering kan gemaak word deur die algemene bestuurder van die hospitaal, maar net in gevalle waar ouers baie siek is. Die uitsondering word dan aan 'n minimum aantal besoekers toegestaan en hulle moet maskers dra.

“Ons bedank gesinne en vriende van pasiënte vir hul samewerking met betrekking tot hierdie maatreëls in hierdie ongekende tyd en vir hul bydrae om te verseker dat ons ons mees kwesbare geliefdes veilig hou,” sê Friedland. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters