Verlede maand
Mosselbaai strand blyk oop te wees
mosselbaai
Santos-strand in Mosselbaai. FOTO: Facebook  ~ 

In 'n video wat op sosiale media versprei word kan gesien word hoe talle die see, sand en lug op Santos-strand in Mosselbaai geniet.

Een persoon skryf op Facebook dat hy die plaaslike polisie gebel het.

"Het SAPS gebel maar hulle sê die mayor het gesê die strande is oop."

Nickey le Roux, 'n woordvoerder vir Mosselbaai-munisipaliteit, sê die mayor het nog nooit so 'n opdrag gegee nie. "Mayor Harry Levendal het inteendeel inwoners en vakansiegangers aangeraai dat daar soveel meer is om te doen in en om Mosselbaai."

In 'n skrywe aan inwoners op 15 Desember sê die Mayor dit is die polisie en nie munisipaliteit se verantwoordelikheid om seker te maak die regulasies word toegepas.

"Mosselbaai is oop vir besigheid en die munisipaliteit ondersteun plaaslike ekonomiese ontwikkeling, daarom word besoekers genooi om die talle ander dinge te geniet."

Levendal moedig besighede in sy skrywe ook aan om seker die regulasies word toegepas.

"Inwoners en besoekers is ook gewaarsku om streng te hou by die curfew, om 'n boete te vermy. Almal moet ook let op die regulasies rondom die handel en verbruik van alkohol."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters