13 dae gelede
Minister reageer op prof. se uitlatings
Minister van Gesondheid Zweli Mkhize
Minister van Gesondheid Zweli Mkhize  ~ JONATHAN LESTRADE

RAAD deur die ministeriële advieskomitee is nie deur die departement van gesondheid of regering in geheel geignoreer nie.

So kap dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, terug in 'n verklaring in reaksie op prof. Glenda Gray, hoof van die mediese navorsingsraad van Suid-Afrika, se onlangse uitlatings in die media.

"Ek het die artikel gelees en is verbaas oor die obvious onakkuraathede wat dit bevat. In my mening is dit onnodige sensasie en plaas net twyfel in die werk en pogings van die regering se hantering in Covid-19," sê Mkhize.

Hy noem dat as regering hou hulle nie weer om alles te weet van Covid-19 nie.

"Die president het voortdurend genoem ons is in unchartered waters, maar ons is daartoe verbind om alles in ons vermoë te doen om die lewens van Suid-Afrikaners te beskerm.

"As hoof van die mediese-navorsingsraad het prof. Gray toegang tot die minister en die departement, maar het haar kommer nie eenkeer met ons opgebring nie en versuim om sekere kwessies vooraf te bespreek."

Mkhize sê daar moet ook verstaan word dat die regulasies wat geimplimenteer word deur die insette van die publiek ook beïnvloed word, en dat haar sienings ook oorweeg sou word.

"Dit is juis om hierdie rede dat die regering bold genoeg is om self wysings te maak aan sekere regulasies.

"Prof. Gray het egter gekies om nie die platforms tot haar beskikking te gebruik nie." 

Mkhize gee toe: " Ons stem nie altyd saam nie, maar ons luister na die insette wat na ons kom." 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters