Verlede maand
Minister bly aan karring rook is ongesond
HOU DIK: Die minister van “rooksake”, Nkosazana Dlamini-Zuma, wou nie uitwei oor die netelige entjie-kwessie nie.  ~ Daily Sun

MINISTER Nkosazana Dlamini-Zuma het in die rook gedraai om die verbod op sigarette in vlak 3 aan die kabinet te verduidelik.

Dit was op ’n vergadering van die national council of pro­vinces.

Dr. Dlamini-Zuma (71), minister van samewerkende regering, het voet by stuk gehou. Dis ongesond om te rook.

Sy wou nie verder uitwei oor die uiters netelige kwessie nie omdat dit nou ’n draai in die hof gaan maak.

Volgens haar deel die meeste mense ’n entjie en loop daardeur ’n groot risiko om die virus op dié manier te kry.

Dlamini-Zuma het ’n donker prentjie probeer skilder oor die ekonomiese vooruitsigte van die land tydens lockdown. Sy het aan die kabinet verduidelik dat armoede, honger en werkloosheid in die land net kan vererger.

Volgens Dlamini-Zuma het die land se ekonomie skerp afgeneem en R250 miljard aan belasting verloor sedert die lockdown.

“Die inkomste van munisipaliteite het ook met 30% gedaal.

“Besighede soos toerisme, vermaak en die lugdiens het groot verliese gely.

“Huishoudings se inkomste het ook met 76% afgeneem.

Uitbreking

“Die land se werkloosheid kan van 29% tot 50% styg en die getal mense wat honger ly, kan van 6 miljoen tot 9 miljoen toeneem,” het sy die donker prentjie geskets.

Sy het die corona-virus as die grootste siekte-epidemie sedert die uitbreking van die Spaanse Griep beskryf.

Volgens haar doen meer vroue die virus op, maar meer mans het sover aan die virus gesterf.

Sy verseker egter aandag word aan die water-infrastruktuur geskenk, veral in landelike gebiede.

Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het gewaarsku die gevaar van Covid-19 is nou erger as toe die eerste geval (in Maartmaand in die land) aangemeld is.

Volgens Mkhize is daar tans 955 pasiënte met die virus in die hospitaal en 126 in ICU’s onder hoë sorg.

Hy sê: “Daar is sover sowat 600 000 mense vir die virus getoets en amper 13 miljoen is sover gescreen. Sowat 20% van die pasiënte met die virus beland in die hospitaal.”

Hy het ’n beroep op landsburgers gedoen om hul gedrag te verander om te verhoed dat hulle die virus aansteek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters