DAAR is 'n nuwe Moslem-begrafnisblok, wat sowat 800 grafte kan huisves, by die Maitland-begrafplaas opgerig.
Tans vind ongeveer 150 Moslem-begrafnisse per maand plaas by die Stad Kaapstad se tien begrafplase, wat voorsiening maak vir Moslem-plotte.
Zahid Badroodien, maycolid vir gemeenskapsdiens en veiligheid, het 'n beroep gedoen op die Moslem-gemeenskap om begrafnisse by die terreine tydig uit te voer.
"Ek lewer 'n pleidooi aan die Moslem-gemeenskap om te probeer om waar moontlik, in belang van die veiligheid van begrafnisgangers, binne die werksure en voor sonsondergang te begrawe."
Hy voeg by dat die Muslim Judicial Council ook sal bystaan met begrafnisse by begrafplase. - SABCnuus