2 maande gelede
Mayors pleit dat inwoners by die huis bly
Lockdown
Kaapstad se mayor, Dan Plato vra dat almal in hul huise bly tydens die lockdown.  ~ 

DIE eerste burgers van die twee grootste munisipaliteite in die Wes-Kaap doen 'n beroep op hul inwoners om by die huis te bly en die lockdown-regulasies te gehoorsaam.

Dan Plato, mayor van Kaapstad, sê: “Dit is baie belangrik dat almal tydens die lockdown by die huis moet bly.

"Dit was 'n groot teleurstelling om Vrydagoggend, dag een van die lockdown, te verneem dat 'n aantal gemeenskappe nie die lockdown-reëls na kom nie."

Plato sê die wie dink hulle kan sake soos normaal doen stel al die ander mense se lewe in gevaar.

"Bly asseblief in jou huis. Gaan net uit vir die belangrikste.

"Die wie nie die reëls gehoorsaam nie, sal gearresteer word. Ek is seker niemand tydens die lockdown in 'n koue tronksel pleks van hul huis wil lê nie."

Hy het ook die wetsgehoorsame inwoners van die Stad bedank.

"Julle speel 'n groot rol om te help om nie die corona-virus te versprei nie. Baie dankie." 

Conrad Poole, mayor van Drakenstein, het ook inwoners en besighede gevra om die regulasies te gehoorsaam.

"Ons was Vrydag oorval met boodskappe van mense wie in die strate dwaal en selfs te hoor van besighede wie onwettig handeldryf.

"Die lockdown is nie 'n opsie nie, dit is 'n moet in die beste belang van alle Suid-Afrikaners.

"Ons wetstoepassingsagentskappe, insamewerking met die polisie en weermag, sal nie skroom om aksie te neem nie.

"Die wie die regulasies oortree sal 'n streng boete betaal of tronkstraf kry."

Poole noem ook dat 'n onwettige spaza-winkel is Vrydag in Wellington toegemaak

"Werkers wie bouwerk by 'n huis in die Paarl gedoen het is ook verwyder."

"Padblokkades sal regoor die Drakenstein-area gehou word en ligte en swaarvoertuie sal nagegaan word.

"Ons grootste uitdaging op dag 1 was dat mense sake soos normaal doen en daar selfs die is wie onwettig drank verkoop."

Poole het ook sy inwoners wie die regulasies gehoorsaam bedank.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters