13 dae gelede
Matrieks wil graag terugkeer
Kim Campher  ~ Theo Jeptha

MATRIEKS met wie Son gesels het, sê hulle is ten spyte van die voortslepende Covid-19-pandemie bereid om volgende maand terug te keer skool toe.

Kim Campher, ’n leerder aan die Hoërskool Arcadia, sê wel sy is so ’n bietjie skrikkerig vir teruggaan.

Volgens haar het die kinders mekaar gemis en hugs gaan outomaties uitgedeel word. Sy sê nietemin sy gaan terug skool toe, want sy wil matriek voltooi.

Agterstand

Kirsty Campher, ook ’n leerder aan die Hoërskool Arcadia, sê sy verwag dat elke onderwyser en leerder gescreen en getoets word voordat die skool begin.

Volgens haar wil sy terugkeer skool toe omdat hulle reeds ’n agterstand met hul skoolwerk het.

Jaime-Lee Groenewald, ’n leerder aan die Hoërskool Sanctor, sê sy is bly sy kan teruggaan.

Volgens haar is die lewe self challenging, en niemand het verwag dat iets soos die Covid-19-pandemie sou gebeur nie.

Sy sê as almal maskers dra en hul hande sanitise, behoort daar nie ’n probleem te wees nie.

Jerenithia Jerry, ’n leerder aan die Hoërskool Sanctor, sê sy wil teruggaan skool toe omdat sy aan die einde van die jaar haar matrieksertifikaat in haar hand wil vashou.

Sy sê sy is net bang vir die baie pressure wat op hulle gesit gaan word omdat hulle reeds baie werk verloor het.

Volgens haar het die skool maskers en sanitisers belowe.

Zavien January van Hillside High sê aan Theo Jeptha hy is baie bly dat hy sy skooljaar op ’n hoë noot kan afsluit.

Hy sê die virus het sy hele jaar omgekrap, want dit het baie van sy finale skooljaar gemors.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters