17 dae gelede
Masker of tronkstraf?
masker
MOET: Niemand mag sonder ’n gesigmasker in die publiek wees nie. FOTO TER ILLUSTRASIE: Peter Abrahams  ~ 

JY kan nou ’n kriminele rekord kry as jy sonder ’n masker in die publiek gevang word, of as jy ’n bier by jou buurman gaan drink.

Dit is maar net twee van 'n aantal nuwe regulasies wat Dinsdag gewettig is om die stygende Covid-19 infeksies in die land te beperk.

Pres. Cyril Ramaphosa het met trane in sy oë Maandagaand 'n vlak-3 inperking met strenger reëls aangekondig.

Ministers wie deel vorm van die nasionale corona-virusbevelsraad het die regulasies Dinsdag uitgesit.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering, sê alle sosiale byeenkomste is nou onwettig. "Begrafnisse word nog toegelaat, maar rouklaers mag nie meer as 50 wees nie. Bidure voor die begrafnis en after-tears daarna word nie toegelaat nie. Die begrafnis mag ook nie langer as twee ure wees nie." 

Op sy beurt sê die minister van polisie, Bheki Cele, die polisie reg is om mense op te sluit wat nie aan die regulasies voldoen nie. 

“Die polisie is ook mense en niemand van ons wil verantwoordelik wees vir meer harsteer nie. As begrafnisgangers die reëls volg, sal dit nie nodig wees nie."

Niemand mag sonder ’n gesigmasker in die publiek wees nie.

Cele sê die kwessie kom nou al lankal aan. "Voorheen het ons mense gevra om hul maskers op te sit. Dan het hulle gevra wat kan ons aan hulle doen as hulle nie hul maskers wil opsit nie. Die nuwe reëls maak dit nou vir die polisie moontlik om jou toe te sluit as jy nie 'n masker aan het nie."

Mense wat hulle skuldig maak aan die oortreding kan tronkstraf van tot ses maande en/of 'n boete kry. 

Die minister van justisie, Ronald Lamola, veruidelik dat die howe sal die boete bepaal.

Drankverkope en aankope word vir eers ook gestaakm terwyl restaurante en koffiewinkels wel toegelaat word om kliënte te ontvang. Hulle mag net nie alkoholiese drankies verkoop nie.

Cele sê: "Restaurant-eienaars moenie probeer om aan smart ways te dink om drank te verkoop nie. As ons uitvind dat drank uit 'n teepot verkoop word sal jy jou dranklisensie verloor." 

Drank mag ook nie vervoer word nie, slegs vir uitvoer doeleindes. 

“Dit mean waar die drank nou ookal is, dit moet daar bly. As ons drank in jou kar kry, sluit ons jou toe. Jy kan dit net by jou huis drink. As ons jou vang met drank in jou besit by jou buurman se huis, kan ons jou ook toesluit," voeg Cele by.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters